Marcel du Pré

Gebore in Pretoria, 10 November 1950.  Matrikuleer aan die Hoêrskool Langenhoven in 1968  Studeer hierna medies aan die Universiteit Pretoria.  Begin ook terselfdertyd ’n paar BA-vakke loop en verkry later ’n BA-graad in sielkunde en wysbegeerte aan Unisa.  Na my weermagdiens as medikus spesialiseer ek in Anestesiologie, en verkry die MMed graad, weer aan die Universiteit van Pretoria.  Ek is op 9 Januarie 1983 op die rype ouderdom van 33 getroud met Nicoline von Ronge, wie ek as verpleegsuster ontmoet tydens een van my militëre kampe by ’n Militêre Hospitaal in Pretoria.  Sy verkry intussen haar Meestersgraad in Kriminologie aan Unisa.  Ons woon sedert 1985 in Klerksdorp waar ek as Anestesioloog in privaat praktyk is.  Ons het drie seuns, Malcolm, Marcel-Pierre en Jean wat al drie studente is aan die Universiteit van die Noordwes in Potchefstroom

 

Opgedateer/Updated: 2010-01-19

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top