Marcel Bas (1970) is gebore en getoë in Nederland, waar hy tans ook woon, werk (o.a. as 'n vryskutvertaler) en studeer.
Sedert 1988 stel hy belang in Afrikaans. Vanaf die vroeë negentigerjare skryf hy artikels oor Suid-Afrika en Afrikaans, onder andere vir die Nederlandse tydskrifte 'Saamtrek' (NZAW), 'Zuid-Afrika' (NZAV) en vir die Vlaamse tydskrif 'TeKoS'.
Hy studeer tans Taalkunde aan die Universiteit van Leiden, en sy skripsie (B.A.) gaan oor kodewisseling en taalverskuiwing onder Afrikaanssprekendes.