Kuns-Matig

My woorde word misbruik vir plesier en vir my geneesing…vir die lesse, en die lewensreis na die onbekende verewig. My gemaskerde pen is naamloos gekamofleer vir die vloei van outentieke gedagtes, en my eie opinies. Hierdie is my digitale bladsye, en ek skryf nie om enige iemand te beindruk of om aanstoot te gee nie. Inteendeel, ek skryf om my siel te laat groei, en om ‘n verandering te maak in my wereld. Kritiek is deel van ons realiteit. Dis interessant hoe maklik ’n mens net die afgedwingde veroordeling moet aanvaar van ander se werklikheid. Die reg om te wees wie ek is, gee jou die reg om te verskil, en te wees wie jy is. Ek is progressief genoeg om na jou geskiedenis en denkwyses te luister, te begryp, en die verskil te verstaan en dalk ‘n nuwe uitkyk van my eie daaruit te ontwikkel. Die mens is niemand se God nie, en tensy ek skuldig in ‘n Hoogereshof staan met ‘n feitlike kriminele bewyse teen my, kan geen mens my met sy gedagtes veroordeel nie. Op die ou end, maak dit nie regtig saak nie. My toevlug is in die 26 letter alfabet, en hier is die wereld vry. My visioene kry vlerke, en my wereld word veelkleurig. Ek voel die energie van hoop en vrede wat smag om uit te breek en die wereld van selfsug te versmoor. Woorde gee tyd die betekenis wat jy nodig het...die alewigende tyd wat vlieg, word stadiger, en maak ‘n rustige landing in jou diep binneste; die een wat net jy ten volle verstaan. Die samelewing se strukture wat ons geskep het in vandag se tipiese reels & regulasies, laat my wonder oor suiwer individualiteit? My gedagtes gaan rus slegs wanneer ek sit en begin skryf; wanneer ek begin fokus en duidelikheid kry oor keuses, planne en drome. Dit maak my sterker en gee my oe die visie van my siel, en die pad waarna toe ek groei. “Hierso, ek gee jou ‘n stukkie van my siel! Prontuit eerlik en opreg. As jy nie ‘n stukkie van my siel wil he nie, is dit OK.” Welkom! My ore fluister... Opinies laat my toe om entoesiasties te wees oor verskille. My woorde vloei vrylik, en onderdrukking was nog nooit ‘n realiteit in my wereld nie. Die belangrikheid is om elke oomblik te ervaar in ware ekstase. Maak jou oe oop. Luister intens na elke klank. Geniet die smaak van goeie kos . Maak jou longe vol met vars lug. Wees lief vir jouself . Maak jou gedagtes vry. Waardeer en respek die wereld en sy mense. Gee in oorvloed. Maak jou eie keuses. Lewe vir nou, vir JOU en wees altyd opreg teenoor jouself!
Top