Koos
Jacobus Petrus Holtzhausen Koos Holtzhausen, gebore 1940 in Witbank, Transvaal, waar hy ook sy skoolopleiding ontvang. Behaal BSc Bing (Elektriese Ingenieurswese) aan die Universiteit van Stellenbosch. Na 'n opleidingstydperk oorsee werk hy by Eskom en is betrokke by die ontwerp van Camden-, Grootvlei- en Hendrina-kragstasies. Verkry 'n MSc (Ing) by die Universiteit van die Witwatersrand. Van 1971 tot sy aftrede in 2001 was hy dosent in Elektriese Ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch met kragstelsels en veral hoogspanning sy spesialiteitsgebied. Hy behaal die graad PhD (Ing) in 1997. Hy het wyd gepubliseer in vakjoernale en konferensieverrigtinge. Sedert sy aftrede tot op hede is hy nog steeds deeltyds betrokke by navorsing in die Departement Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese. Hy het ook 'n belangstelling in tale en behaal 'n BA (Hons) in Duits in 2005 en voltooi ook Frans tot op derdejaarsvlak. Tans is hy besig met ‘n MPhil (Joernalistiek).
