KiwiSA
My joernalis-tande is in die 60's by die Argus Koerantmaatksappy geslyp voordat die reklamebedryf en later die besigheidsektor brood op die tafel geplaas het.
Ek woon sedert 1997 in die Diaspora waar ek as besigheidstrateeg en -konsultant praktiseer, graag met die Soetste Taal in die vorm van sketse en versies omgaan, en op my stokperdjie op die radio- of etergolwe rondry.
Belangstellings: Alles wat my brein stimuleer - insuitende Teologie, Besigheidswetenskap,Internasionale Handelsreg, Klassieke musiek, beeldende kunste, en sinvolle gesprek.
Ek lag graag - ook vir myself, maar veral vir suurpruim-kruidjie roer my nie-fundamentaliste en godsdienssmouse wat beweer hulle het volkome onbewese kennis van die dieptste wese van menswees,
