kerneels
Ek het die voorreg gehad om baie jare op die spoorweë in die goue stoomjare te werk. Dit is my prioriteit om hierdie jare op skrif te laat voortleef. Ek het al 'n paar boeke oor hierdie era geskryf: Vergete Pioniers, Die Wiel Draai, Buffelshoek se nuwe Stasiemeester asook Ridders van die ysterpad. Ek het ook al verskeie kortverhale oor die era geskryf. Dit het nie hier gebly nie en het ek ook al 'n speurverhaal geskryf en lê my deesdae op kortverhale toe.