Kate Coetzee

Kate is seker die enigste vrou wat haar vyftigste verjaardag alleen en in Dubai gevier het. Sy het nie gaan shop nie.

Sy het gaan Engels gee in 1996. Daarna was dit oral in die Midde-Ooste vir byna elf jaar. Nou is sy uitgekuier en kan sy haar toewy aan haar eerste liefde - stories skryf. Sy woon in Kaapstad met haar hond naby haar twee dogters. Sy stap en skilder en luister musiek as sy nie skryf nie. Sy is van voornemens om tien boeke in tien jaar te publiseer!

 

Opgedateer/Updated: 2009-10-14
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top