Karin Jacobs (néé Van der Westhuizen) verkry die graad B.Sc (UFS) in1992, B.Sc. Hons. (cum laude) (UFS) 1993, M.Sc. (Mikrobiologie) (cum laude) (UFS) 1996 en Ph.D. (Mikrobiologie) (UP) 2000. Ontvang verskeie toekennings onder andere die NRF Prestige Beurs vir Doktorale Studies (1997), L’oreal –UNESCO internasionale beurs vir jong vroue in Wetenskap (2003), L’oreal –DST toekenning vir die beste opkomende vroulike wetenskaplike (2005), Meiring Naude Medalje van Royal Society of South Africa (2006) en die Rektors toekenning vir voortreflike onderrig (Stellenbosch universiteit) (2009 & 2010).
Na suksesvolle voltooing van haar na-doktorale studies by die Eastern Cereal and Oilseed Research Centre, Agriculture and Agri-food Canada (2000), asook die Forestry and Agricultural Biotechnology Institute (FABI), Universiteit van Pretoria (2002), is sy aangestel as Senior Lektor (2005) by die Departement Mikrobiologie aan die Stellenbosch Universiteit en later bevorder tot Mede-Professor (2010), in dieselfde departement. Sy is tans lid van die South African Society of Plant Pathology (President 2006-2011), African Mycological Association, Mycological Society of America en South African Society for Microbiology.
Sy het suksesvol 11 MSc studente en 2 PhD studente, afgestudeer. Huidig bied sy studieleiding aan 4 PhD, 2 MSc studente en 5 Honneurs studente. Sy tree gereeld op as eweknie-beoordeelaar vir 'n aantal joernale onder andere Fungal Diversity, Aquaculture, Mycologia en Fungal Biology en dien ook op die redaksionele komitee van die joernaal Mycology. Navorsingsuitsette sluit 1 boek en 2 boekhoofstukke, 52 artikels in internasionale vakjournale en vele kongres aanbiedings beide, plaaslik en internasionaal.