Juanida S. Horne

Juanida Horne is ’n senior dosent in Forensiese Misdaadondersoek aan die Departement Polisiepraktyk by Unisa. Sy was 17 jaar lank verbonde aan die voormalige Suid-Afrikaanse Lugmagpolisie (tans die Militêre Polisieagentskap). Sy het as bevelvoerder van verskeie polisiekantore gedien, waar sy waardevolle polisiëring- en ondersoekervaring opgedoen het. Ten tyde van haar bedanking as luitenant-kolonel het sy ’n versameling sertifikate met eervolle vermeldings gehad. Haar laaste pos was by SO1 Stelselbestuur, en sy was tweede in bevel by die Noordelike Militêre Polisiestreek.

Sy het kursusse in arbeidsbetrekkinge en gevorderde arbeidsbetrekkingebestuur voltooi, albei aan die Universiteit van Pretoria. Juanida het die volgende kwalifikasies verwerf: Nasionale Diploma in Polisieadministrasie, BTech in Polisiëring, MTech in Forensiese Ondersoek en DLitt et Phil in Polisiekunde. Sy het in 2011 die Ontwikkelende Navorsertoekenning van Unisa ontvang. Sy tree by plaaslike en internasionale konferensies as spreker op en het reeds verskeie artikels gepubliseer. Sy is die medeskrywer van ’n hoofstuk in die boek Forensic investigation – legislative principles and investigation practice (Juta, 2015) en die medeskrywer van die boek Investigation: A comprehensive guide to the basic principles, procedures and forensic processes (Juta, 2022).

The reliability of clues in forensic firearm examinations

Joe H. Smith, Juanida S. Horne Academic research 2024-05-30

"Critics of forensic firearm examinations question the reliability of the findings of firearm examinations and state that these examinations are not based on valid scientific research and that the absoluteness of the findings is over-represented/exaggerated."

Die geloofwaardigheid van leidrade in forensiese vuurwapenondersoeke

Joe H. Smith, Juanida S. Horne LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2024-05-30

"Die koers van misleidende bewyse hang af van die kombinasie van die ondersoeker se kundigheid en die moeilikheidsgraad van die spesifieke vergelyking. Die oorbeklemtoning van forensiese vuurwapenbewyse word egter onvoldoende deur Suid-Afrikaanse howe bevraagteken."

The importance of quality management systems at forensic DNA testing laboratories in South Africa

Joe H. Smith, Juanida S. Horne Academic research 2023-12-09

"Accreditation is essential in respect of forensic science laboratories as it confirms the accuracy, reliability and quality of the test results that they produce."

Die belangrikheid van gehaltebestuurstelsels in forensiese DNS-toetslaboratoria in Suid-Afrika

Joe H. Smith, Juanida S. Horne LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-12-09

"Akkreditasie is noodsaaklik vir forensiese wetenskapslaboratoria omdat dit die akkuraatheid, betroubaarheid en gehalte van toetsresultate wat deur die laboratoria gelewer word, bevestig."

Appraising internal controls, the gatekeeper that prevents fraud during the tender stage of procurement cycles

Jan Venter, Hennie Lochner, Juanida S. Horne Academic research 2020-03-24

"This article is intended to demonstrate that fraud is committed in the procurement cycle when internal controls are sidestepped or when the internal control system in an organisation is ineffective."

’n Taksering van interne kontroles, die hekwag wat bedrog in die tenderstadium van aankoopsiklusse voorkom

Jan Venter, Hennie Lochner, Juanida S. Horne LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2020-03-24

"Die oogmerk van hierdie artikel is om aan te toon dat bedrog in die aankoopsiklus gepleeg word wanneer interne kontroles gesystap word of die internekontrolestelsel van ’n organisasie ondoeltreffend is."

The modus operandi profile of the cash-in-transit robber as an exclusive criminal

Hennie Lochner, Juanida S. Horne, Mari van Wyk Academic research 2018-07-05

"Because modus operandi information on the planning of a heist and the robbers’ actions after the crime is difficult to obtain, it is recommended that the SAPS investigate the possibility of obtaining modus operandi information from sentenced offenders, particularly exclusive criminals or robbers."

Die modus operandi-profiel van die kontant-in-transito-rower as eksklusiewe misdadiger

Hennie Lochner, Juanida S. Horne, Mari van Wyk LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-07-05

"Omdat modus operandi-inligting oor die beplanning van ’n transitorooftog en die rowers se optrede na afloop van die misdaad moeilik bekombaar is, word aanbeveel dat die SAPD die moontlikheid ondersoek om modus operandi-inligting van gevonniste oortreders, veral van eksklusiewe misdadigers of rowers, te bekom."

Top