Juaneé Cilliers

Juaneé Cilliers is ’n professor en hoof van Stads- en Streekbeplanning by die Noordwes-Universiteit (NWU). Sy is ook hoof van die navorsingsprogram vir volhoubare beplanning, ontwikkeling en implementering binne die Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -bestuur (UESM). Sy het ’n vier-jaar professionele graad en meestersgraad in Stads- en Streekbeplanning (beide cum laude), ’n tweede meestersgraad in Ekonomie en ’n doktorsgraad in Stads- en Streekbeplanning. Sy is geregistreer as ’n professionele beplanner by die Suid-Afrikaanse Raad vir Beplanners (SACPLAN) en ’n NRF-gewaardeerde navorser. Sy is ’n mederedakteur van die geakkrediteerde Joernaal vir Stads- en Streekbeplanning. Sy dien op die redakteursdireksie van die International Journal of the International Society of City and Regional Planners (ISOCARP). Sy was ’n studieleier vir 79 finalejaarsstudente, 35 MSc-studente, 15 PhD-studente en 3 nadoktorale genote. Sy het 43 joernaalartikels, 67 kongresartikels, 8 hoofstukke in boeke en 6 boeke gepubliseer. In 2019 was sy die wenner van die South African Teaching Award for Teaching Excellence, ’n finalis van die National Science and Technology Forum Awards, bekend as die Wetenskap-Oscars van Suid-Afrika, en ’n finalis van die Women in Science Awards. Sy is ook bekend vir haar weeklikse praatjies op nasionale radio (RSG – “Omgewingspraatjies”) en bied verskeie publieke praatjies regoor die land in hierdie hoedanigheid aan.

ORCiD: https://orcid.org/0000-0002-8581-6302

Homes as multidimensional assets: the role of informal backyard rentals in South Africa from a planning perspective

Louis Lategan, Juaneé Cilliers, Niké S. Jacobs Academic research 2020-10-27

"Given recent insights into the social value of informal backyard rentals, the article primarily investigates the financial and economic values and secondarily the social values of informal backyard renting in a case study in Bridgton and Bongolethu, Oudtshoorn."

Wonings as multidimensionele bates: die rol van informele agterplaasverhuring vanuit ’n beplanningsperspektief

Louis Lategan, Juaneé Cilliers, Niké S. Jacobs LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2020-10-27

"Wat beplanning betref, is dit noodsaaklik dat die informele-agterplaasverhuring-sektor as ’n prioriteit beskou word in stadsbeplanningskemas, ruimtelike ontwikkelingsraamwerke en ander infrastruktuur-meesterplanne. So kan beperkende stelsels en regulasies, soos sonering, heroorweeg word om voorsiening te maak vir gemengde gebruike, tweede wooneenhede en hoër digthede."

Conceptualising sustainable rural livelihood development in South Africa as an extension of sustainable development planning: a research and overview article

Menini Gibbens, Carel Schoeman, Juaneé Cilliers Academic research 2019-09-30

“Sustainable development and, consequently, sustainable rural livelihood development, will always be relevant topics for analysis, as these affect people's lives on a daily basis.”

Die konseptualisering van volhoubare landelikelewensbron-ontwikkeling in Suid-Afrika met verwysing na volhoubare ontwikkeling as grondslag: ’n navorsings- en oorsigartikel

Menini Gibbens, Carel Schoeman, Juaneé Cilliers LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-09-30

“In Afrika, en ook in Suid-Afrika, is dit noodsaaklik om daarop te let dat volhoubare ontwikkeling haalbaar sal wees slegs indien arm en rantstandige gemeenskappe spesifiek ingesluit word in die proses.”

Top