Juan Bornman

Juan Bornman is ’n spraak-taalterapeut en oudioloog, en professor in die Divisie vir Spraak-, Taal- en Gehoorterapie aan die Universiteit Stellenbosch. Haar werk fokus op aanvullende en alternatiewe kommunikasie (AAK) en ernstige kommunikasiegestremdhede, benader vanuit ’n menseregteperspektief binne kontekstueel relevante, volhoubare raamwerke.

Ná ’n aanvanklike loopbaan in privaat praktyk het sy haar in die vroeë 1990’s tot die akademie gewend, waar sy tien jaar lank die Sentrum vir AAK bestuur het (2009–2019), en later as president van ISAAC (Internasionale Vereniging vir AAK) gedien het (2020–2022). Sy het reeds meer as 120 publikasies en talle plaaslike en internasionale voordragte oor AAK agter haar naam.

Haar bydraes is bekroon met verskeie toekennings, waaronder genootskappe van ISAAC en SASHLA (Suid-Afrikaanse Spraak-, Taal- en Gehoorvereniging), die Georg Forster-navorsingstoekenning van die Alexander von Humboldt-stigting (2021), en die Stals-prys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK). In 2025 is sy en haar mede-outeurs ook vereer met die Jacques van der Elst-prys vir die beste artikel wat in 2023 in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe verskyn het.

Practical guidelines for cross-linguistic and cross-cultural early communication intervention: an appraisal by stakeholders

Mariëtte Botha, Berna Gerber, Anita van der Merwe, Juan Bornman Academic research 2025-06-20

"In a linguistically and culturally diverse country like South Africa, cross-linguistic and cross-cultural (CLACC) early communication intervention (ECI) is a complex issue considering the heterogeneity of speech-language therapy clients."

Praktiese riglyne vir kruislinguistiese en -kulturele vroeë kommunikasie-intervensie: ’n beoordeling deur belanghebbendes

Mariëtte Botha, Berna Gerber, Anita van der Merwe, Juan Bornman LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-06-20

"Spraak-taalterapeute moet kliënte uit verskillende taal- en kultuuragtergronde kan bedien. Nietemin toon navorsing dat die besonderse diverse taal- en kultuurkonteks van Suid-Afrika bepaalde uitdagings vir hierdie terapeute inhou."

Top