Johan Thom het antieke tale en filosofie aan die Universiteit Stellenbosch studeer en 'n MA-tesis oor die Griekse digter Pindaros by die Universiteit van Pretoria voltooi. Hy het sy PhD in Nuwe-Testamentiese en Vroeg-Christelike letterkunde in 1990 aan die Universiteit van Chicago verwerf met 'n proefskrif wat handel oor die
Pitagorese Goue verse. Hy is tans professor in die klassieke en voorsitter van die Departement Antieke Studie. Sy spesialisasiegebiede is onder meer antieke filosofie, Griekse letterkunde en die vroeë Christendom, met toespitsing op die interaksie tussen die Grieks-Romeinse wêreld en die Nuwe Testament. Hy is uitvoerende redakteur van die vaktydskrif
Novum Testamentum (Leiden) en redakteur van die klassieke vaktydskrif
Akroterion. Boekpublikasies sluit in
The Pythagorean Golden Verses: With Introduction and Commentary (Leiden: Brill, 1995);
Philodemus: On Frank Criticism (mederedakteur en vertaler saam met David Konstan, Diskin Clay, Clarence E. Glad en James Ware, 1998);
Cleanthes’ Hymn to Zeus: Text, Translation, and Commentary (2005) en
Cosmic Order and Divine Power: Pseudo-Aristotle, On the Cosmos (redakteur en vertaler, 2014).