Johan Stemmet
Eertydse onderwyser, Johan Stemmet, se eerste langspeler verskyn in 1973 waarna sy optredes as sanger regoor die land begin uitbrei. In Julie 1980 roep hy die onderwys vaarwel toe en begin sy televisieloopbaan.
Johan is vir dekades reeds betrokke by die televisiebedryf as regisseur, aanbieder en vervaardiger. In 1989 stig hy en sy jarelange vriend en kollega, Johan van Rensburg, Stemmburg Televisie en tussen die twee van hulle en hulle mede-regisseur, Elsa Colling, word Noot vir Noot gebore.
Johan se betrokkenheid by televisieprogramme plaaslik en internasionaal, het vanaf 1998 so toegeneem dat hy na 30 jaar in die vermaaklikheidswêreld sy sangloopbaan vir eers vaarwel moes toeroep. Johan is egter nou na sewe jaar terug met 'n splinternuwe Inspirational Songs album en die gogga het hom weer gebyt. Hy tree nou weer landswyd op. Inspirational Songs was na slegs drie weke in die mark die top geestelike verkoper in Suid-Afrika.
Opgedateer/Updated: 2008-04-17
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za