Johan Moll is ’n kontraknavorser in die Departement Taalbestuur en Taalpraktyk aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy was voorheen verbonde aan die Departement Geskiedenis en is ? voormalige dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe aan dieselfde universiteit. Hy was redakteur van Acta Academica, die universiteit se geakkrediteerde tydskrif vir die menswetenskappe, voorsitter van die SA Akademie se Geskiedeniskomitee, redaksielid van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, en hoofredakteur van die Akademie se driekwarteeufees-huldealbum. Hy het as buite-evalueerder, eksterne eksaminator en keurkomiteelid vir verskeie universiteite opgetree, was lid van die Nasionale Raad van die Oorlogmuseum, en is die skrywer van etlike boeke en talle wetenskaplike artikels. Hy is lid van die Internasionale Kunstetrust en raadslid van die Vrystaat Simfonieorkes.
Opgedateer/Updated: 2011-11-08
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za