Johan Brink
Gebore in die klein (of nou, groot) dorpie van Somerset Wes, het die toekomstige legende groot geword - Johan Brink! Hah! Grappie. Ek het nouwel in Somerset-Wes groot geword en doen nogsteeds.
Ek is soos die Engelsman sou sê 'n "Jack-of-all-trades, master-of-none". Ek is 'n tiener entrepreneur, skrywer, joernalis, radio persoonlikheid (in vrye tyd), blogger, bemarker, en en en..!
Op die ouderdom van veertien open ek my eerste besigheid, Compu-Waremouse, wat later van naam verander het na Pandora Information Systems toe. Op die ouderdom van vyftien stig ek my tweede besigheid, naamlik Stragoa Corporation, wat tans nog sluimerend is, maar in die vervolg as 'n "umbrella-company" sal dien. Vanjaar (2013) begin ek 'n Toerisme- en Reis webtuiste waar ek Suid-Afrika in al sy glorie bemark!
Nog 'n interessante feit van my (as jy wou weet...): Ek's 'n tegno-junkie, en daarom is ek die eienaar van 'n hele klompie webtuistes en tot op datum, twaalf e-pos adresse, wat daagliks gelees en skoongemaak word!
Ek is nou maar eenmaals 'n mens vir musiek en letterkunde. Noem my mal, maar dit praat met my en neem my op reise rondom die wêreld en soms rondom die heelal! Imagine that...
