Japie Spies

Japie Spies is die afgelope 31 jaar verbonde aan die Wes-Kaap Onderwysdepartement, aanvanklik as onderwyser, departementshoof en adjunkhoof van ’n hoërskool in Kaapstad en die afgelope 17 jaar as skoolhoof van ’n hoërskool op Montagu. Hy behaal in 2012 sy PhD in opvoedingsbeleidstudie aan die Universiteit Stellenbosch nadat hy navorsing gedoen het oor die leierskappraktyke van plattelandse skoolhoofde. Hy is tans besig om akademiese artikels te skryf oor aspekte van sy navorsing en om die kennis en vaardighede wat hy as skoolhoof en navorser opgedoen het met ander skoolhoofde, navorsers en studente te deel.

Die verhewe simboliese kapitaal van skoolhoofde op ’n plattelandse dorp

Japie Spies, Aslam Fataar 2014-09-11 "Hierdie artikel fokus op die inwerking van ’n plattelandse-dorp-konteks op skoolhoofde se leierskappraktyke."
Top