Jannie Malan
Jannie Malan is in 1973 in Kaapstad gebore. Hy matrikuleer aan Hoërskool Eldoraigne, voltooi ‘n jaar van diensplig as foto-joernalis in die Lugmag en behaal in 1994 ‘n BA Honneurs in Uitgewerswese by die Universiteit van Pretoria. Hy werk onder andere as boekverkoper en opvoedkundige uitgewer, maar fokus vanaf 2004 op konsultasiewerk in die e-opleidingsbedryf. Hy werk tans as ‘n verhoudingsbestuurder vir ‘n bestuurskonsultasie maatskappy en woon saam met sy vrou en twee dogtertjies in Pretoria. In Maart 2010 word van sy gedigte in Nuwe Stemme 4 (Tafelberg) gepubliseer en sy debuutbundel In ligte Laaie (Protea) verskyn in 2014.