Janah Hattingh

Janah Hattingh (25) is ’n fotograaf gebaseer in Stellenbosch. In 2007 verwerf sy haar LLB graad aan die Universiteit Stellenbosch na sy die laaste semester as uitruilstudent in Antwerpen, België, studeer het. Sy het haar twee jaar van klerkskap by Werksmans Ing. in die Kaap voltooi en is ’n toegelate prokureur van die Hoë Hof van Suid-Afrika. Na die afloop van haar klerkskap het sy besluit om vir eers haar hofskoentjies uit te trek en haar eerste liefde van fotografie na te streef.

Vir Janah is die menslike natuur ’n groot misterie en deur haar fotografie probeer sy sin maak van die wereld waarin sy haarself bevind. Janah leef om die onbewaakte oomblik vas te vang, te analiseer en te verstaan. Sy is passievol oor Suid-Afrikaanse musiek, dans en teater, asook al die interessante karakters wat in die industrieë te vinde is.

Janah is ook nou betrokke by gemeenskapsprojekte wat daarna streef om vroueregte te ontwikkel en te versterk. Tans is sy besig met ’n foto-dokumentêr oor vrouesokker in Suid-Afrika met die ondersteuning van twee organisasies genaamd SCORE en Girls and Football South Africa.



Opgedateer/Updated: 2010-05-09
Bio-inligting verouderd? Stuur ’n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

 

Top