Jan van Staden
Ek hou van die mondvol taal van ons en is trots om Afrikaans te wees! Elke dag val ons, leer ons en word wyser. So verwoord ons maar die ervaringe en inspirasie. Ek is 'n jong man en het nog baie om te leer. Ek is in die bankwese van beroep en studeer deeltyds aan Unisa. Ons moet 'n verskil maak in die lewe. Ons is geskape deur 'n kreatiewe God en die mens is na Sy beeld geskape. Ons verskil begin by ons houding teenoor die lewe.