Jan Hendrik Naude is op 3 November 1959 in Bellville gebore. Hy het in 1977 gematrikuleer aan die Hoërskool Bellville, waarna hy twee jaar militêre diensplig gedoen het. Daarna het hy aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en die grade BA en BA Honneurs (Staatsleer) (1983) behaal. Hy het die graad MPhil (Toekomsstudie) cum laude in Desember 2008 aan dieselfde universiteit verwerf. Tans is hy besig met voorbereidings vir sy PhD in Toekomsstudie. Hy het in 1984 diens aanvaar as politieke navorser in die Staatsdiens en is tans steeds in hierdie hoedanigheid daar werksaam.
Opgedateer/Updated: 2009-10-01
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za