James Faber studeer vanaf 1997 by die Universiteit van die Vrystaat en verwerf in 2001 sy BProc-, in 2002 sy LLB- en in 2003 sy LLM (Privaatreg)-graad (met lof en ontvang ook erekleure vir akademie). Hy voltooi in 2002 die skool vir regspraktyk, Vrystaat en word aangewys as die beste kandidaat in testamente, boedelbereddering en trusts. In 2003 word hy as prokureur van die hoë hof toegelaat. Hy is vanaf 1 April 2003 in die akademie werksaam en is op 1 Julie 2007 permanent in die Departement Privaatreg, Universiteit van die Vrystaat, aangestel. Hy is verantwoordelikvir die modules erfreg en boedelbereddering op sowel voorgraadse as nagraadse vlak. Hy het al verskeie voordragte op nasionale en internasionale konferensies gelewer en is die skrywer van ’n aantal geakkrediteerde akademiese artikels. Hy is tans besig met die PhD-graad in privaatreg.