Jako Olivier

Jako (J.A.K.) Olivier beklee die UNESCO-leerstoel oor multimodale leer en oop opvoedkundige hulpbronne en is ’n professor in multimodale leer in die Skool vir Professionele Studies in Onderwys, Fakulteit Opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit (NWU).

Hy het sy PhD in 2011 aan die NWU verwerf, waar hy die akkommodering en bevordering van meertaligheid in skole deur middel van vervlegte en e-leer nagevors het. Hy het ook aan die voormalige PU vir CHO ’n BA, BA Honneurs (cum laude), Nagraadse Onderwyssertifikaat en MA (cum laude) voltooi. Voordat hy in 2010 as dosent by die NWU aangesluit het, was hy betrokke by die onderrig van inligtingstegnologie en tale by skole in die Verenigde Koninkryk en in Suid-Afrika. Hy was van 2010 tot 2015 aan die Skool vir Tale, Fakulteit Lettere en Wysbegeerte van die NWU verbonde as dosent in Afrikaanse taalkunde, waarna hy na die Fakulteit Opvoedkunde geskuif het as medeprofessor in Afrikaans vir Onderwys. Hy is in 2018 tot professor in multimodale leer bevorder. Hy het tans ’n Y-gradering van die Nasionale Navorsingstigting en het reeds verskeie artikels in geakkrediteerde tydskrifte en boekhoofstukke gepubliseer.

Sy navorsingsbelangstellings, wat binne die NWU se Navorsingseenheid vir Selfgerigte Leer gedoen word, sluit multimodale vervlegte leer, oop opvoedkundige hulpbronne, multigeletterdhede, e-leer in die taalklaskamer, taalbeplanning en -beleid, meertaligheid in die onderwys en skermvertaling in.

The realisation of lexical cohesion: A corpus linguistic study of Afrikaans-speaking grade 6 and grade 9 learners’ writing

Nadine Fouché-Karsten, Jako Olivier Academic research 2020-02-11

“The creation of cohesive texts, as effected by making use of various cohesion markers (not solely lexical cohesion), should be encouraged in the classroom because cohesive texts are texts of which the various parts fit together.”

Die realisering van leksikale kohesie: ’n Korpuslinguistiese ondersoek van Afrikaanssprekende graad 6- en graad 9-leerders se skryfwerk

Nadine Fouché-Karsten, Jako Olivier LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2020-02-11

“Daarby kan die gebruik van die taalvorme leksikale kohesie op stilisties gevarieerde wyses realiseer en kan dit dienooreenkomstig vir die onderrig van skryfvaardighede in die Afrikaansklaskamer gebruik word.”

Multimodal idiolectal language use and authorship verification: a corpus analysis of Joan Hambidge’s idiolect across the borders of genres

Mariska Nel, Jako Olivier Academic research 2018-12-04

"It can therefore be said without a doubt that Hambidge has a unique multimodal idiolect functioning across the boundaries of genres. Furthermore, the methodology followed in this article presents a possible set of variables to be used in similar comparisons between texts in terms of the verification of authors."

Multimodale idiolektiese taalgebruik en skrywerskapverifikasie: ’n korpusontleding van Joan Hambidge se idiolek oor die grense van genres

Mariska Nel, Jako Olivier LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-12-04

"'Hoe herkenbaar is die idiolek van ’n enkele skrywer wanneer die ondersoek na hierdie individu se idiolek oor die grense van genres uitgevoer word?' Om dié vraag te beantwoord, is ’n korpusondersoek onderneem om te bepaal wat die verskillende kenmerkende eienskappe van Joan Hambidge se idiolek is en om te bepaal of dit oor die grense van die multimodaliteite en genres sigbaar is."

“Swartafrikaans”: Afrikataalmoedertaalsprekers en Afrikaans?

Menán van Heerden, Ansie Maritz, Jako Olivier Onderhoude 2017-01-18

Navorsers Ansie Maritz en Jako Olivier gesels met Menán van Heerden oor hul artikel "Napraatswartafrikaans: konteks en persepsies van die alternatiewe gebruik van Swartafrikaans".

Imitated Black Afrikaans: context and perceptions of the alternative use of Black Afrikaans

Ansie Maritz, Jako Olivier Academic research 2016-12-13

"Perceptions surrounding Black Afrikaans have an influence on the time and place speakers are comfortable using Imitated Black Afrikaans or not, and the overall, general context determines the perceptions surrounding Imitated Black Afrikaans."

Napraatswartafrikaans: konteks en persepsies van die alternatiewe gebruik van Swartafrikaans

Ansie Maritz, Jako Olivier LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-12-12

"Die persepsies rondom Swartafrikaans bepaal in watter konteks sprekers gemaklik voel om dit te gebruik, en die oorkoepelende konteks bepaal weer die persepsies rondom die napraat van Swartafrikaans."

Taalverskuiwing en taalhandhawing onder Afrikaanse ekspatriate

Jako Olivier, Ernst Kotzé LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2014-11-11

Hierdie artikel ondersoek die aard van taalverskuiwing en -handhawing wat voorkom onder Afrikaanssprekendes wat oor die wêreld heen geëmigreer het.

Die mate van konsekwentheid in SMS-Afrikaans

Jako Olivier LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2013-07-03

"In hierdie artikel word ’n oorsig gebied oor die sosiolinguistiese agtergrond waarin SMS-taal funksioneer aan die hand van relevante literatuur."

Top