Jaydey Sass is gebore en getoë op Atlantis, ’n klein dorpie langs die Kaapse Weskus. In 2013 behaal sy ’n BA-graad in taal en kultuur aan die Universiteit Stellenbosch. Sy begin haar nagraadse studie in 2014 en wy dit toe aan die verwerwing van Afrikaans as vreemde taal. Haar navorsingsbelangstellings is onder meer vreemdetaalverwerwing, Afrikaanse uitspraak en woordeskat, e-leer, en mobiele tegnologie en spelifiëring as pedagogiese hulpmiddels. Wanneer die tyd dit toelaat, voltooi sy graag blokraaie, speel videospeletjies en kyk sokker.