Jacques van Zyl

Ek is 'n Rekenmeester vir brood en speel met woorde vir die genot daarvan. My skoollewe het begin by die Laerskool Excelsior in Bellville in 1983. Daarna was ek bevorder na die Hoërskool Bellville waar ek in 1994 my skooljare afgehandel het. By Unisa het ek verder my rekenkuns ontwikkel en later jare ingeskryf as 'n SAIPA lid. Ek publiseer my skrywes op my blog (jakie.wordpress.com) en deel graag my breinspasmas met vriende en familie. Die meeste van die tyd luister niemand, maar ek reken solank ek dit geniet is die saak reg.
Top