Jacobi

EK is 'n 50 jarige man. Ek woon in Pretoria vir die afgelope 32 jaar. Ek het in die ou Westransvaal, nou Noordwes op 'n plaas grootgeword. Soos dit maar gaan in die klein dorpies was ek in die koshuis. Was nogals 'n skok toe my Pa my die eerste skooldag as grad eentjie net so by die koshuis aflaai en daar gaan hy. Skielik is ek vir die eerste keer op my eie, en moet ek 'n kamer deel met 'n klomp ander kinders, en moet ek gewoond rk daaraan dat my lewe deur klokke gereel word. 'n klok om op te staan, 'n klok om te gaan eet, 'n klok om te gaan stort, 'n klok om te gaan slaap, klasse te wissel ens. Daarna begin werk, weermag toe, gekwalifiseer as millwright, later eie besigheid begin, in vennotskappe gegaan, opgebreek en nou alleeneienaar van 'n besigheid. EK hou baie van fotografie, klassieke musiek to baie moderne musiek, was op 47 by oppikoppi, ry 4X4, hou van reis en lees. Ek hou nie baie van teater nie. My droom is eenvoudig om eendag binnekort finansieel onafhanklik te wees en dan al my ander drome na te jaag. Dit is nou ander belangstellings waarvan sommiges in besighede sal eindig, en ander eenvoudig net plesier sal verskaf.
Top