Jackie Rudman

Jackie Rudman ontvang in 2007 'n BA-graad (Taal en Kultuur) en behaal in 2008 'n Honneursgraad in Afrikaans en Nederlands, beide aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy is tans werksaam as tutor in die universiteit se Departement van Afrikaans en Nederlands en dosent by die Eenheid vir Afrikaans en Engels. Van haar gedigte is in 2005, 2006 en 2008 in Penseel opgeneem.

In haar vrye tyd hou sy daarvan om te dink, na mense se stories te luister en om te dink oor mense se stories.



Opgedateer/Updated: 2009-01-18
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
Top