Isabelle Nell van Niekerk

Isabelle Nell van Niekerk is gebore en getoë in Egoli . Na haar skoolloopbaan aan Helpmekaar HoÑ‘r Meisieskool, studeer sy aan die Universiteit van Pretoria. Haar gedigte word geïnspireer deur die natuur en die leefwêreld van die stadsmens. Isabelle het redelik onlangs eers weer begin dig en die toeganklikheid van woorde herontdek.

Daar verskyn van haar gedigte op LitNet se PoёsieNet en in 'n versamelbundel wat pas verskyn het, word vyftien van haar gedigte gepubliseer.

Sy het 'n passie vir die Afrikaanse taal, sy skrywers en haar omgewing.


Opgedateer/Updated: 2009-09-19
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top