Irma Labuschagne

Irma Labuschagne is ‘n forensiese kriminoloog wat privaat praktiseer.

Sy is mede-outeur van ‘n teksboek in die Kriminologie en outeur van ‘n boek oor die voorkoming van misdaad en ‘n verkragtingskrisishandleiding. Sy het verskeie wetenskaplike artikels rakende misdaadveroorsaking en -voorkoming gepubliseer en het referate oor verskeie aspekte rakende misdaad op Nasionale sowel as Internasionale kongresse en simposia gelewer.

Irma Labuschagne beskik oor die grade BA(Hons) (cum laude) met Psigokriminologie as spesialiseringsgebied; MA in Viktimologie (cum laude) en DPhil in Kriminologie. Sedert 1976 tot Mei 1996 was sy verbonde aan die Departement Kriminologie, UNISA. Sy het ook as konsultant ten opsigte van leerplanne vir die SAPD gedien en landswyd lesings vir onder andere die Offisiers-opleidingsprogramme aangebied. Sedert Januarie 2005 dien sy in ‘n taakspan van die Departement Korrektiewe Dienste met betrekking tot “Risk Profile Management".

Irma Labuschagne het ‘n spesiale aanprysing van die Minister van Wet en Orde ontvang vir dienste aan die SAPD gelewer, en die Rotariërs het in 1995 aan haar die “Vocational Services Award” toegeken.


Opgedateer/Updated: 2007-04-25
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top