Ingrid Heÿdenrÿch

Ingrid verwerf haar BA in taal en kultuur en haar honneursgraad in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch en werk tans as kopieskrywer. Sy was die voorsitter van die Prim-komitee van die US in 2019/2020, waartydens sy ook op die Studenteraad gedien het, sowel as US-raadslid en lid van die taalkomitee van die US-raad. Sy stel belang in ekologiese kwessies, letterkunde en studentepolitiek.

US-taaldebat 2021: Taal op Maties ‒ Vir moedertaalonderrig of vir volk en vaderland?

Ingrid Heÿdenrÿch Universiteitseminaar | University Seminar 2021-03-23

"My vraag is: Wat is hierdie waardes, norme en kulturele identiteit? Wie se voorouers? Is dit nie juis nodig vir die Afrikaanssprekende om sy taal en sy waardes nie meer te skoei op dié van sy voorouers nie? Om sy taal te sien, soos wat Breytenbach dit stel, 'as kompos. Om wéér in ander vorme te kan bind'."

Top