Inag

59 jaar oud, 34 jaar getroud, 3 kinders, 2 kleinkinders. Baie lief vir my taal, mal oor lees, veral boeke van Afrikaanse skrywers. Andre P Brink, Deon Meyer, Ettienne van Heerden, Elsa Joubert, Koos Kombuis,Jeanne Goossen... om maar 'n paar gunstelinge uit te sonder. Lees graag tydskrifte, en ook nie-fiksie. Mal oor resepte boeke en kontroversiele boeke soos Conversations with God en is tans besig met God?- Gesprekke oor die oorsprong en uiteinde van Alles. Tussen in probeer ek by Justin Cohen se Quest inc. ook uitkom. Het baie jare as joernalis en later nuusredaktrise by 'n plaaslike koerant gewerk. Ek is tans redaktrise van 'n gemeenskaps tydskrif aan die Oosrand.
Top