Ida Bester-Gräbe

Ida Bester-Gräbe het Honneurs in Frans van Unisa en MA in Algemene Linguistiek van die Universiteit van Pretoria. Het Frans doseer aan UP en Unisa. Haar skryfwerk sluit in ’n Afrikaanse radiodrama, ’n bekroonde kortverhaalbundel en twee storieboeke vir kleuters wat voortgespruit het uit verhale geskryf vir die kinderprogram Siembamba. Sy woon tans op ’n wildplaas in Limpopo waar sy voltyds skryf en kinderboeke vertaal.

Opgedateer/Updated: 2009-03-30
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
Top