
Hubertus Bargenda
Prof Hubertus Bargenda is in Duitsland gebore. Hy studeer Wiskunde, Fisika en Filosofie aan die Universiteit van Bielefeld en daarna verwerf hy die graad PhD in Wiskunde, met die tema “Algebraïsche Hülle Rechtsadjungierter Funktoren”, aan die Universiteit van Bremen. Hy het in 1984 in Suid-Afrika (die Universiteit van Kaapstad) begin doseer. Sedert 1995 is hy in die Departement Wiskunde van die Universiteit van die Vrystaat werksaam, waar hy onder meer Logika, Reële Analise, Differensiaalrekening en Algebra doseer, en op nagraadse vlak Versamelingsleer, Topologie en Funksieteorie.
Opgedateer/Updated: 2011-03-30
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
