
Henry Luyt
Henry het tydens sy universiteitsjare begin dig. Terwyl hy aan die Bloemfonteinse skrywersvereniging behoort het, het hy begin kortverhale skryf. Hy het ook sy hand geslaan aan ’n paar fiksie sowel as Christelike nie-fiksie boeke in beide Afrikaans en Engels, maar het dit nog nie laat publiseer nie.
Hy geniet skryf en dig. Hy hou daarvan om skeppend en oorspronklik te skryf en om die humor in situasies te sien. Dit is vir hom lekker om sy verbeelding vrye teuels te gee en mildelik van digtersvryheid gebruik te maak. Hy het die Potchefstroomse Universiteit se herfsskool vir skrywers voltooi en is tans besig met ’n Engelse skryfskool.
Hy hou persoonlik van spanningsliteratuur en dit is vir hom goeie nuus dat daar ’n mark daarvoor in Suid Afrika oopmaak. Hy sal dit graag probeer betree.
Opgedateer/Updated: 2010-01-12
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
