Hennie Lochner

Hennie Lochner is ’n senior dosent in forensiese misdaadondersoek in die Departement Polisiepraktyk by Unisa. Hy was 30 jaar lank ’n polisiebeampte. Gedurende hierdie tyd het hy ervaring opgedoen in die ondersoek van huurmotorgeweld, plaasaanvalle en plaasmoorde, en bank- en kontant-in-transito-rooftogte. Hy was ook die provinsiale bevelvoerder van die Eenheid Ernstige en Geweldsmisdaad in Limpopo van 1995 tot 2000. Ten tye van sy aftrede uit die Suid-Afrikaanse Polisiediens was hy verantwoordelik vir die koördinering van intelligensie ten opsigte van kontant-in-transito-rooftogte in Gauteng.

Hennie is ook opgelei as ’n speurder om reeksmoorde en reeksverkragtings te ondersoek. Gedurende sy loopbaan is hy verskeie kere vir sy ondersoekwerk vereer, onder andere deur regter J.M.C. Smit vir die volledige ondersoek van drie plaasmoorde.

Hennie het ’n handelsmerk, bekend as die Lochner-beginsel, geregistreer. Dit word gebruik in die kartering van selfoontegnologie vir gebruik in misdaadondersoek. Die beginsel word nou ook internasionaal erken as een van die basiese beginsels van misdaadondersoek. In dié verband het die Direkteur van Openbare Vervolging (DOV) Suid-Gauteng Hennie aangeprys vir sy bydrae tydens die ondersoek na die “Sondagverkragter”. Die DOV vermeld die volgende in die aanprysing: “It needs to be said that due to his input and guidance we were able to present the evidence in court and also secure a conviction by placing the accused on every crime scene.”

Hennie het die volgende kwalifikasies verwerf: Nasionale Diploma in Polisieadministrasie, Nasionale Diploma in Sekerheidsbestuur, BTech in Polisiëring, BTech in Sekerheidsbestuur, MTech in Forensiese Ondersoek en DLitt in Polisiekunde. Hennie het al verskeie artikels gepubliseer en is die outeur van die boek Afneem van doeltreffende getuieverklaring, wat ook in Engels beskikbaar is. Hennie is ook ’n medeskrywer van Crime scene investigation. Sy Basic investigation principles is tans in druk by Juta. In Forensic investigation – legislative principles and investigation practice het Hennie ’n hoofstuk geskryf.

Appraising internal controls, the gatekeeper that prevents fraud during the tender stage of procurement cycles

Jan Venter, Hennie Lochner, Juanida S. Horne Academic research 2020-03-24

"This article is intended to demonstrate that fraud is committed in the procurement cycle when internal controls are sidestepped or when the internal control system in an organisation is ineffective."

’n Taksering van interne kontroles, die hekwag wat bedrog in die tenderstadium van aankoopsiklusse voorkom

Jan Venter, Hennie Lochner, Juanida S. Horne LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2020-03-24

"Die oogmerk van hierdie artikel is om aan te toon dat bedrog in die aankoopsiklus gepleeg word wanneer interne kontroles gesystap word of die internekontrolestelsel van ’n organisasie ondoeltreffend is."

The modus operandi profile of the cash-in-transit robber as an exclusive criminal

Hennie Lochner, Juanida S. Horne, Mari van Wyk Academic research 2018-07-05

"Because modus operandi information on the planning of a heist and the robbers’ actions after the crime is difficult to obtain, it is recommended that the SAPS investigate the possibility of obtaining modus operandi information from sentenced offenders, particularly exclusive criminals or robbers."

Die modus operandi-profiel van die kontant-in-transito-rower as eksklusiewe misdadiger

Hennie Lochner, Juanida S. Horne, Mari van Wyk LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-07-05

"Omdat modus operandi-inligting oor die beplanning van ’n transitorooftog en die rowers se optrede na afloop van die misdaad moeilik bekombaar is, word aanbeveel dat die SAPD die moontlikheid ondersoek om modus operandi-inligting van gevonniste oortreders, veral van eksklusiewe misdadigers of rowers, te bekom."

Top