Hennie Steyn

Nadat Hennie (H.J.) Steyn in Augustus 2006 sy termyn as dekaan voltooi het, dien hy weer as hoogleraar in vergelykende opvoedkunde in die Fakulteit Opvoedingswetenskappe van die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus). Hy is verantwoordelik vir onderrig en navorsing in vergelykende opvoedkunde. 28 MEd- en 10 PhD-studente het hul studies onder sy leiding voltooi en hy het al as skrywer en deelnemende skrywer van 16 vakgerigte boeke opgetree. Hy het 43 artikels in vaktydskrifte gepubliseer en 15 artikels in ander wetenskaplike tydskrifte. Sy veld van navorsingspesialisering is die struktuur en funksionering van die onderwysstelsel met die onlangse fokus op die verhoging van produktiwiteit in die onderwys, beplanning van die onderwysstelsel en onderwysvoorsiening aan minderheidsgroepe.

Na drie jaar diens as onderwyser, is hy in 1976 as dosent en sedert 1997 as professor in Vergelykende Opvoedkunde en direkteur van die Skool vir Onderwysersopleiding in die Fakulteit Opvoedkunde van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys aangestel. Aan die begin van 1999 het hy diens aanvaar as rektor van die Potchefstroomse Onderwyskollege. Op grond van sy verantwoordelikheid as rektor het hy die Kollege en die breë onderwysgemeenskap op verskillende onderwyskomitees verteenwoordig, byvoorbeeld op die Standaardbepalende Liggaam vir Onderwysersopleiding en die Standaardbepalende Liggaam vir Opleiding van Praktisyns in Beroepsgerigte Opleiding en Ontwikkeling. As gevolg van die inskakeling van die Potchefstroomse Onderwyskollege by die PU vir CHO in Januarie 2001, is hy aangestel as dekaan van die Fakulteit Opvoedingswetenskappe. Hierdie pos het hy beklee tot Julie 2006.

Nadat Hennie Steyn in Augustus 2006 sy termyn as dekaan voltooi het, dien hy weer as hoogleraar in vergelykende opvoedkunde in die Fakulteit Opvoedingswetenskappe van die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus). Hy is verantwoordelik vir onderrig en navorsing in vergelykende opvoedkunde. 28 MEd- en 10 PhD-studente het hul studies onder sy leiding voltooi en hy het al as skrywer en deelnemende skrywer van 16 vakgerigte boeke opgetree. Hy het 43 artikels in vaktydskrifte gepubliseer en 15 artikels in ander wetenskaplike tydskrifte. Sy veld van navorsingspesialisering is die struktuur en funksionering van die onderwysstelsel met die onlangse fokus op die verhoging van produktiwiteit in die onderwys, beplanning van die onderwysstelsel en onderwysvoorsiening aan minderheidsgroepe.

 

Opgedateer/Updated: 2014-11-26
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Grootgroeponderrig ter wille van die verhoging van onderwysproduktiwiteit in hoër onderwys

Hennie Steyn, Hannes van der Walt 2014-11-26 Hierdie artikel fokus op die inskakeling van ’n grootgroeponderrigstrategie (GGOS) as een manier om dosente te help om hulle roeping as geleerdes/vakkundiges (scholars) uit te leef.

Is die onderwysstelsels van die wêreld gerat vir die eise van die een-en-twintigste eeu?

Charl Wolhuter, Hennie Steyn LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-07-10

"Die doel van dié artikel is om te bepaal in watter mate die onderwysstelsels van die wêreld in staat is om suksesvol te antwoord op die eise van die een-en-twintigste eeu en watter verstellings nodig is."

Top