Hennie Steyn

Ná drie jaar diens as onderwyser is Hennie Steyn in 1976 aan die PU vir CHO aangestel. Hy is sedert 1997 ’n professor in vergelykende opvoedkunde. Vanaf 1999 tot 2000 is hy aangestel as rektor van die Potchefstroomse Onderwyskollege en Januarie 2001 tot Augustus 2006 as dekaan van die Fakulteit Opvoedingswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit.

Hy het vergelykende opvoedkunde aan NGOS-, BEd-, BEd Hons.-, MEd- en PhD-studente onderrig. Vyf-en-twintig MEd-studente en ses PhD-studente het hul studie onder sy leiding voltooi. Hy het ook by 21 handboeke as redakteur, outeur en/of mede-outeur opgetree en ten minste 60 gekeurde artikels gepubliseer.

Sy navorsingsfokus is deurentyd die struktuur en produktiwiteit van die onderwysstelsel. Die Afrikaanse onderwys was en is deurlopend ’n kernfokus van al sy werk.

COVID-19 as a turning point for the development of a conceptual strategic disaster management plan for the South African education system

Chris-Mari Le Hanie, Hennie Steyn, Julia Correia Academic research 2026-04-09

"This article examines the COVID-19 pandemic as a critical external determinant that fundamentally disrupted the functioning, structure, and resilience of the South African education system at all levels."

COVID-19 as draaipunt vir die ontwikkeling van ’n konseptuele strategiese rampbestuursplan vir die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel

Chris-Mari Le Hanie, Hennie Steyn, Julia Correia LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2026-04-09

"Die bevindinge dui daarop dat COVID-19 bestaande ongelykhede binne die onderwyssektor verdiep het, veral in lae-hulpbron-omgewings waar toegang tot digitale infrastruktuur beperk was."

Grootgroeponderrig ter wille van die verhoging van onderwysproduktiwiteit in hoër onderwys

Hennie Steyn, Hannes van der Walt 2014-11-26 Hierdie artikel fokus op die inskakeling van ’n grootgroeponderrigstrategie (GGOS) as een manier om dosente te help om hulle roeping as geleerdes/vakkundiges (scholars) uit te leef.

Is die onderwysstelsels van die wêreld gerat vir die eise van die een-en-twintigste eeu?

Charl Wolhuter, Hennie Steyn LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-07-10

"Die doel van dié artikel is om te bepaal in watter mate die onderwysstelsels van die wêreld in staat is om suksesvol te antwoord op die eise van die een-en-twintigste eeu en watter verstellings nodig is."

Top