Hendrik Swart

Hendrik Swart is die departementele voorsitter van die Departement Fisika aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy is tans ’n senior professor in Fisika en ’n B2-geëvalueerde navorser by die Nasionale Navorsingstigting. Sy hoofbelangstelling is nanofosfors en sy eie navorsing fokus tans op die bestudering van hierdie nanodeeltjies vir die gebruik in veld-emissie-vertooneenhede, asook langlewefosfors.

Tydens sy akademiese loopbaan aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat (sedert 1981), die Universiteit van Florida in Amerika (1995) en die Universiteit van Utrecht in Nederland (drie maande in 2003) het 26 PhD‑ en MSc‑studente onder sy leiding afgestudeer. Sy navorsingswerk het tot dusver meer as 150 artikels in eweknie-beoordeelde vaktydskrifte opgelewer en meer as 200 kongresbydraes. Hy dien op die redaksie van die internasionale vaktydskrif Critical Reviews in Solid State and Materials Sciences. Sy navorsing is in 2009 met die Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum-toekenning bekroon vir navorsingskapasiteitsbou, asook studente-opleiding oor die afgelope vyf tot tien jaar.

 

Opgedateer/Updated: 2009-11-05

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top