Hendrik Maree
Hendrik Maree matrikuleer in 2001 aan die Hoërskool Kroonstad. Hierna is hy eers vir twee jaar werksaam by ‘n landboukontrakteur in die VSA, en daarna vir nog twee jaar op die familieplaas in die Odendaalsrus-distrik. Hy besluit om hom verder te kwalifiseer en behaal sy hoër nasionale diploma in fotografie by Damelin in Bloemfontein in 2008. Op die rype ouderdom van 26 begin hy aan die Vrystaatse Universiteit met sy LLB-studie, wat hy in 2013 voltooi. Hy boer tans met kontantgewasse in die Odendaalsrus-distrik, terwyl hy deeltyds werk aan sy LLM-verhandeling in die Departement Straf- en Geneeskundige Reg.