Heinrich van der Mescht

Heinrich van der Mescht het ’n BA (met Duits en Frans as hoofvakke) en ’n BMus aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Daarby beskik hy oor vyf lisensiate as klaviervoordraer, -begeleier en -onderwyser en musiekteorie-onderwyser. Hy het twee en ’n half jaar lank kamermusiek en liedbegeleiding onder Karl Engel aan die Hochschule für Musik und Theater in Hannover, Duitsland, studeer. Na sy terugkeer het hy op die radio, TV en die konsertverhoog bekend geword as begeleier van sommige van die voorste Suid-Afrikaanse sangers. Hy het ongeveer 80 musiekprogramme vir die SAUK opgestel en het ’n groot aantal daarvan self aangebied. Sy MMus (Universiteit van die Witwatersrand, 1981) en DMus (Universiteit van Suid-Afrika, 1987) handel onderskeidelik oor die Mörike-Lieder van Wolf en die liedere van Hubert du Plessis. Hy is tans ’n professor in musiek aan die Universiteit van Pretoria, waar hy in musiekgeskiedenis klasgee. Sy navorsing oor Suid-Afrikaanse musiekstudente in Europa, c1850 – c1939 het hom na Amsterdam, Berlyn, Frankfurt, Dresden, Leipzig, Londen, München, Weimar en Wene geneem. Hy het in 2008 ‘n MA in kreatiewe skryfkuns onder Henning (H.J.) Pieterse aan die Universiteit van Pretoria voltooi. ’n Aantal van sy kortverhale het al in bundels verskyn.

Opgedateer/Updated: 2012-03-05
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Eensaamheid, alleenheid, vryheid: Joseph Joachim se F-A-E-lewensmotto (“Frei aber einsam”) en Karel Schoeman se roman Hierdie lewe

Heinrich van der Mescht LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2013-04-17

"Volgens Dahlberg (2007) kan eensaamheid beteken om sonder ander mense te wees, of alleen te voel tussen ander mense, maar ook om rustig en kreatief te voel binne jou eie eensaamheid. Laasgenoemde kan alleenheid (solitude) genoem word."

Die pianis as vertoonkunstenaar: Die Chinese virtuoos-pianis Lang Lang se populêre sukses

Cara Kleynhans, Heinrich van der Mescht 2012-03-05 Dit is duidelik dat Lang Lang se populariteit, wat selfs tot buite die sfeer van klassieke musiek strek, hom ’n spesiale figuur maak as klassieke pianis in ’n musiekbedryf wat deur populêre kunstenaars oorheers word.

Verwysings na klassieke musiek in Marlene van Niekerk se roman Agaat

Heinrich van der Mescht LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-10-22

"Marlene van Niekerk se roman Agaat (2004) het groot lof ontvang vir die ingewikkelde verwysings wat daarin voorkom. In hierdie artikel word die verwysings na klassieke musiek nagegaan."

Marlene van Niekerk se idees oor musiek en die aanwending van verwysings daarna in Agaat

Heinrich van der Mescht LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-06-04

"Alhoewel Van Niekerk verklaar dat sy musiek gebruik om karakters mee in te kleur, is sy van mening dat daar nie verbande tussen die karakters in Agaat en haarself getrek moet word nie. Tog bevestig sy hoe belangrik musiek in haar eie lewe is en hoe belangrik musiek in die lewe van die karakters in die roman is."

Top