Heinrich Matthee

Heinrich Matthee is ’n senior dosent en navorser aan die Internasionale Sakeskool, Hanze Universiteit vir Toegepaste Wetenskappe, Groningen, Nederland, ’n nie-residensiële navorser aan die Emirate Beleidsentrum, Abu Dhabi, Verenigde Arabiese Emirate, en ’n buitengewone professor aan die Skool vir Regeringstudies, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika. Sedert 2023 beklee hy die ere-leerstoel vir veiligheidstudies by Akademia. Hy het ’n BA LLB (Universiteit Stellenbosch), ’n honneursgraad in strategiese studies (UNISA), ’n meestersgraad in internasionale studies (Birmingham-Universiteit, Verenigde Koninkryk) en ’n DPhil (politieke wetenskap) magna cum laude van Marburg-Universiteit, Duitsland. Hy is die skrywer van Muslim identities and political strategies (2008) en etlike hoofstukke en artikels in akademiese publikasies, en sy navorsingsgebiede is geopolitiek, konflikstudies en identiteitspolitiek in die Midde-Ooste en Europa.

Oop gesprek op Stellenbosch

Heinrich Matthee Poësie 2017-08-31

"Daar mors ’n wynvlek op die rand
van deug en skoonheid se verband."

Ope brief aan Jonathan Jansen: Bedanking as navorsingsgenoot

Heinrich Matthee Universiteitseminaar | University Seminar 2016-03-14

"Die nuwe taalbeleid is ’n duidelike voetval voor die eenpartydominante politiek van die dag. Akademiese outonomie en ’n klem op goeie opvoeding en navorsing moes hier almal tweede viool speel."

Universiteitsbestuur lewer akademie en Afrikaans uit aan die wolwe

Heinrich Matthee Seminare en essays 2015-11-13

"So 'n taalbeleid vernietig eintlik 'n hele kulturele ekosisteem wat oor dekades en eeue in die Wes-Kaap gegroei het."

Top