Harry Cronjé het einde 2002 afgetree. Hy speel graag gholf, maar om kortverhale en rympies te skryf is sy voorliefde. Hy het ’n reeks diererympies vir sy kleinseuns geskryf. Die reeks, getiteld, "Fanyana talks to the Animals" - ISBN: 978-1-77007-165-0, is in 2005 deur Random House Struik gepubliseer. Sy Engelse kortverhaal, "Poor Kid", is in 2007 op LitNet gepubliseer. ’n Verkorte weergawe van "Poor Kid" is net hierna gepubliseer as die redakteurskeuse se inleidingsverhaal vir die bloemlesing, "Voices from the Web 2007".
Opgedateer/Updated: 2009-08-06
Bio-inligting verouderd? Stuur ’n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za