Guillaume Smit

Guillaume Smit is in 1970 in Rustenburg gebore en het in 1987 aan die Hoërskool Grenswag gematrikuleer. Hy studeer op Tukkies en verwerf grade in die teologie. Tans is hy predikant by die NG Kerk Brackenfell-Wes in Kaapstad. Guillaume is 'n vryskutskrywer met bydraes, onder meer gepubliseer in Beeld, Kerkbode, Baba en Kleuter en Huisgenoot, op sy kapstok. Twee boeke met 'n geloofstema het reeds uit sy hand verskyn: Lewe uit die Volheid van God is in 2002 gepubliseer en Ek is geskei in 2006, albei by Lux Verbi.BM. Hy is ook betrokke by 'n weblog wat nadink oor kerkvernuwing. Guillaume is die trotse pa van twee seuns.

Opgedateer/Updated: 2008-12-03
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top