Godfrey Meintjes
Godfrey Meintjes het afgetree as hoof van Afrikaans en Neerlandistiek, aan die Rhodes-universiteit, maar is steeds verbonde as dosent in die Skool vir Tale. Hy maak reeds in 1966 in sy eerste jaar op universiteit kennis met André Brink en voltooi uiteindelik die graad PhD onder Brink se studieleiding. Hy en Brink was jare lank kollegas terwyl Brink professor en hoof van Afrikaans en Neerlandistiek by Rhodes was.