Gideon Visagie

Gebore in Vendaland in 1959. Pa was sendingdokter en ma sendingpredikant. Voltooi sy laerskool- en hoërskooljare in Bethlehem. Na studie aan UOVS en US werk en reis hy in die VSA. Hy werk by die VN (vertaal en radio) en begin ernstig dig en skryf. Loop verskeie skrywerswerkswinkels by Maties. Hy het al twee bundels gepubliseer. Hy begin sy eie skrywersgroep agt jaar gelede. Publiseer by The International Library of Poetry in die VSA en ontvang International Poet en International Poet of Merit award.

Noble House Publishers (UK) gee hom 'n Poet Fellowship Award in 2007. Heelwat van sy gedigte in Afrikaans is in Nederland en België gepubliseer. Baie van sy gedigte verskyn in bloemlesings en versamelbundels in die RSA.


Opgedateer/Updated: 2008-06-10
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top