Gerard de Kamper

Gerard de Kamper verwerf die graad BA(Algemeen) aan die Universiteit van Pretoria, en behaal sowel 'n BA(Hons) in Argeologie as die Nagraadse Diploma in Museumkunde in 2000. In 2001 verwerf hy die graad BHCS(Hons) in Geskiedenis. Vir sy MA in Argeologie aan UP doen hy navorsing oor koningshuis-gedenkkeramiek in die regeringstydperk van Wilhelmina van Nederland (1898-1948).

In 2002 word hy kurator van die Universiteit van Pretoria se kunsversameling (die UP-Kunsversameling, wat uit 16 000 artefakte bestaan), asook kurator van die Edoardo Villa-museum en die Van Gybland Oosterhoff-versameling (eweneens in besit van die Universiteit van Pretoria). Op grond van hierdie werksaamhede word hy tot die bestuur van die South African Museums Association (SAMA) verkies, waar hy die portefeulje Versamelings en Terreine behartig. Hy dien ook in verskeie komitees vir die bekamping van internasionale smokkelhandel en diefstal van Suid-Afrikaanse erfenis- en kultuurartefakte.

Opgedateer/Updated: 2008-08-27
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Beeldvorming in geleentheidsgedigte op gedenkkeramiek oor die Nederlandse koningshuis

Gerard de Kamper, Renée Marais LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2008-08-27

"In Nederland is daar al in 1574 begin om die koningshuis, die Huis van Oranje, met spesiaal vervaardigde keramiekvoorwerpe te gedenk. Sommige van hierdie gedenkvoorwerpe bevat ook teks."

Top