Gerald Clark

Sanger en kitaarspeler Gerald Clark het grootgeword op Stellenbosch waar hy sy talent kon slyp tussen mense soos Koos Kombuis, Valiant Swart en die hele Wingerdstok beweging. As voorsanger van die groep Delta Blue het hy blues tot op ’n nuwe vlak gevoer en die groep het vinnig naam gemaak regoor die land. Later het Gerald en Werner van der Hoven talente saamgesnoer en ’n akoestiese klank met diep harmonieë ontgin. Uit hierdie samewerking het Gerald se eerste Afrikaanse lied ontstaan, getiteld “Somerreën”. In 2008 is Sweepslag, sy eerste Afrikaanse album as solokunstenaar, vrygestel.

Opgedateer/Updated: 2008-08-15
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
Top