Gantang

Ek is 'n Rooinek Afrikaner of is dit 'n Engelse Boertjie - om 't ewe ! Afrikaans is my tweede taal, maar dit lê my na aan die hart. 'n Mens kan jou gedagtes laat gaan sonder om te wonder of jy die korrekte woorde gekies het om jouself uit te druk. Die bonus is dat jy in soveel meer woorde per minuut kan gesels, selfs die pas kan versnel of verstel soos die geselskap vorder. Afrikaners is plesierig, en in sulke goeie geselskap kan jy jouself wees !
Top