Gaerin Hauptfleisch

Gaerin Hauptfleisch is gebore in Bloemfontein, het groot geword in Pretoria en skool voltooi in Stellenbosch. Hy is vir een jaar weermag toe en was daarna vir twee jaar oorsee. Gaerin het Drama studeer tot Meestersvlak by die Universiteit van Stellenbosch. Hy het al twintig toneelstukke geskryf, waarvan negentien al opgevoer is. Hy werk professioneel as akteur, verhoogbestuurder, skrywer en vervaardiger in die teaterbedryf, met onder andere David Kramer, Marthinus Basson en Pieter Fourie. Gaerin het al meer as veertig toneelstukke se regie behartig, met onder andere Nina Swart, Neels van Jaarsveld en Leon Kruger. Sy produksiemaatskappy heet Stercus Produksies. Hy hou van fietsry, reis en The Jesus and Mary Chain. Hy hou nie van mense wat stadig ry in die vinnige baan, Telkom …en mense wat stadig ry in die vinnige baan nie.


Opgedateer/Updated: 2006-09-01
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top