Frederick George den Hartog is op Kroonstad gebore en het op die ouderdom van 11 verhuis na die Kaap. Reeds op sewejarige ouderdom begin hy klavier en viool speel, maar slaan kort daarna oor na die kitaar. Met 'n musiekonderwyseres as ma, bespeel byna almal in sy gesin 'n instrument.
Frederick het sy hoërskoolloopbaan aan Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch voltooi en is tans besig om B.Comm Beleggingsbestuur te studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. Intussen is hy die kitaarspeler vir die Afrikaanse rockband Die Helde.
Opgedateer/Updated: 2008-04-24
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za