Francois

Ek was nog nooit goed met iets oor myself skryf nie. My forte was nog altyd die kreatiewe deel van stories vertel. Ek is 'n woordkunstenaar, ek vleg en stryk aan die geskrewe woord in die hoop dat dit jou sal laat prentjies sien. Ek is 'n aspirant tuinier, maar niks groei nie, dus bepaal ek my by skryf. Getroud, en gelukkig. Hy maak my mens en ek hoef nie daarvoor te verduidelik nie. Ons is almal mooi groot, jy’s dalk straight, ek is gay. Ons kan mekaar respekteer en verby die verskille leef.
Top