Flip Delport
Flip Delport is op 16 Desember 1950 aan die Wes Rand gebore, na skool by Unisa kennis gemaak met filosofie en klassieke tale. Ses weke voor sy sestigste verjaarsdag is hy en sy vrou wreedaardig op hulle plaas, 'n stukkie paradys op die Magalies, aangeval maar beide het wonderbaarlik die dood vrygespring. Vir Flip was dit ‘n nuwe geboorte. As deel van ‘n ordening van malende gedagtes, skryf hy “100 Kwatryne uit Oorverdowende Stilte”. Hy is hoofsaaklik beïnvloed deur Schopenhauer, Tolstoy, Gandhi en Caroline Myss. Flip lees ook wyd oor die kosmologie en quantum meganika.